Frikkadel

Resepte wat mans ook verstaan

Menu
K

Die Perfekte (Ontwykende) Frikkadel
Ek is baie bly vir dié van julle wat ‘n onfeilbare frikkadel-resep het, maar ek soek nog na hom. Daar is egter ‘n paar wat ek al uitprobeer het, wat ek nogal kan aanbeveel.
Wenke vir die Perfekte Frikkadel:
Die geheim van ‘n perfekte frikkadel is om die mengsel liggies met twee vurke te meng. As jy dit te veel meng, gaan jy met kanonballe sit.
Maalvleis met ‘n hoër vetinhoud sal sappiger frikkadelle maak.
Klam broodkrummels met ‘n eetlepel melk aan voordat jy dit by die maalvleis voeg.
Sommige soorte brood absorbeer die vog uit die vleis en dan kan dit die frikkadelle uitdroog.
As jou frikkadelle uitmekaarval terwyl dit kook, is die kanse goed dat jou bestanddele nie fyn genoeg opgekap is nie.
Veral uie moet ekstra fyn wees, maar growwe broodkrummels is ook ‘n sondebok.
Die beste manier is om dit maar alles in die voedselverwerker te gooi en dit ordentlik op te kap.
Voeg dit dan by die maalvleis.
Sommige resepte vra vir ‘n mengsel van bees- en varkmaalvleis.
Neem sommer varkworsies en druk die vleis uit.

3 BESTANDEEL MAALVLEIS BALLETJIES
Benodighede.
1kg maalvleis
250ml Room
1 pakkie bruin uiesop poeier
Meng alles goed saam en vorm bolletjies.
Bak in vooraf verhitte oond van 180 grade Celsius tot gaar

FRIKKEDELLE SO MAKLIK
500 g. maalvleis
1 pakkie bruin uie sop poeier
1 eier
125 ml. room of gewone (plain) yogurt
Meng alles goed saam.
Vorm frikedelle en pak dit in 'n vuurvaste bak.
Bak vir ongeveer 'n half uur in 'n oond wat vooraf teen 180 grade verhit is.

 Maklike frikadelle
1kg maalvleis / 1 pakkie bruin uiesop poeier / 1 klein houer plain yoghurt. Meng als saam .
Stel oond op 180 grade .smeer bakplaat met kookolie ,maak bolletjies en plaas in bak .sit tinfoelie oor en bak in oond vir 20 min, haal foelie af en bak nog 10min tot gaar

HOLLANDSE FRIKADELLE
VINNIGE "HOLLANDSE FRIKADELLE" MET FRANSE UIESOPPOEIER Van Deon Uit Holland
Bestanddele:
600 g beesmaalvleis
1 sakkie Franse uiesoppoeier
1 eier
Metode:1. Meng die uiesoppoeier met eier en laat dit 'n uur staan.
2. Maak frikkadelle en bak hulle gaar in botter.
Eet met aartappelskyfies of brood met 'n vars groen slaai daarby.
Doodgewone Frikkadelle
800 g maalvleis (of 500 g beesmaalvleis en 300 g varkmaalvleis)
2 eiers
2 ml bakpoeier
2 snye brood, korsies verwyder en in melk geweek
50 ml pietersielie, gekap
sout en peper
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle, geur na smaak en vorm klein bolletjies. Braai in bietjie olie in ‘n pan tot bruin van buite en gaar van binne. (Jy kan dit ook op ‘n bakplaat in die oond, of in ‘n oondbak met bietjie water in gaarmaak.

Maklike frikadelle
Maalvleis
1 ui gekap
2 tamaties gekap
1 koppie jungle oats
2 eetlepers tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
2 eetlepels blatjang 1 eier
Meng alles
1 pakkie bruin uiesoppoeier gemeng met 500 ml water en gooi oor frikadelle.
Sit in ’n voorverhitte oond en bak met ’n deksel op teen 180 ºC vir een en ’n half uur.

Vleis en rys frikadelle is 'n goeie afwisseling op die kos tafel.
Vulsel:
Druk fyn 1 koppie gekookte rys.
Voeg 1 koppie (gekookte) gemaalde vleis.
2 lepels gemaalde ham of spek.
1 eier
1/2 lepel asyn, sout en peper.
Metode:
Vorm in frikkadelle.  Doop in eier en krummels.  Bak in vet/olie.
Rol dit dan in fyngekapte pietersielie en dien op.
(Gekookte uie-fyngekap - kan bygevoeg word)

Malie SE FRIKADDELLE
2 groot uie, fyngekap                   
20ml botter
500g gemaalde beesvleis                    
5ml uiesout
knippie fyn naeltjies                    
knippie fyn koljander
125ml krummel maaskaas                
50ml gekapte pietersielie
1 groot eier, geklits                    
1 pakkie Mince Fix
Braai die uie in verhitte botter tot sag en deurskynend.
Verwyder en voeg by die maalvleis.
Geur met die uiesout, naeltjies en koljander.
Roer die maaskaas, pietersielie en eier met ‘n groot vurk by tot goed gemeng.
Roer Mince Fix by en vorm 8-10 frikkadelle.
Pak frikkadelle in gesmeerde bakskottel en bak 30-40 minute in voorverhitte oond by 180C

Frikkadelle met Groente
Hierdie frikkadelle gebruik aartappels en wortels om dit te bind.
Die sampioenroomsop kan met bruin of wit uiesoppoeier vervang word.
2 snye brood
200 ml melk
2 aartappels
2 wortels
2 uie
1 kg maalvleis
1 pakkie sampioen roomsoppoeier
Week die brood in die melk. Rasper die aartappels en wortels fyn.
Rasper die uie grof. Meng alles saam, geur na smaak met sout en peper.
Maak balletjies en pak in gesmeerde oondbak.
Bak oop teen 180 grade.
Draai die frikkadelle na ongeveer 15 minute om en bak dan vir ‘n verdere 15 minute.
Sampioenfrikkadelle
Die kaas hierin is ‘n lekker variasie.
Die frikkadelle en sous vries goed.
Laat dit heeltemal afkoel en verpak in plastiekbakkies.
450 g gemaalde beesvleis
250 g gemaalde varkvleis
2 eiers, geklits
175 ml gerasperde Cheddar
3 ml droë tiemie
knippie swartpeper
olie vir braai
410 g-blik sampioenroomsop
20 ml gekapte pietersielie
Meng al die bestanddele behalwe die olie, sampioensop en pietersielie goed. Vorm in 12 ronde frikkadelle, maar moenie te styf vasdruk nie.
Verhit olie en braai die frikkadelle aan albei kante bruin. Dreineer op kombuispapier.
Plaas frikkadelle in ‘n kastrol, verdun die sampioenroomsop met 150 ml kookwater en skep oor frikkadelle. Prut 25 minute stadig. Roer af en toe.
Sprinkel gekapte pietersielie bo-oor net voor opdiening.
Veselryke Frikkadelle
250 g maalvleis
30 g hawermout
30 g semelryke bruismeel (Nutty Wheat)
1 geelwortel, fyn gerasper
1 eier, geklits
sout en peper na smaak
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle en maak 8 klein frikkadelle.
Braai in bietjie olie tot bruin van buite en gaar van binne. (Of bak dit in die oond op ‘n bakplaat.)
Kerrie-Frikkadelle
Geen versameling frikkadelle gaan volledig wees sonder ‘n kerriefrikkadel-resep nie.
Om een of ander rede smaak frikkadelle net lekkerder in ‘n kerriesous.
Vir ‘n heerlike variasie, kan jy skyfies pynappel bo-op die frikkadelle pak voordat jy die sous oorgooi.
4 snye brood
300 ml water
1 kg gemaalde beesvleis
15 ml sout
2,5 ml peper
2,5 ml neut
2,5 ml fyn naetjies
80 ml bruin asyn
2 eiers
Week die brood in die water.
Druk die water uit en maak die brood fyn.
Meng die res van die bestanddele liggies saam.
Maak frikkadelle en rol in bietjie meel.
Pak in gesmeerde oondbak.
Daar moet ‘n ruimtetjie tussen die frikkadelle wees.
Maak die volgende sous en gooi oor:
Kerrriesous:
5 groot uie
250 ml asyn
750 ml water
5 ml sout
15 ml borrie
7,5 ml kerriepoeier
45 ml appelkooskonfyt
30 ml suiker
15 ml koekmeelblom
Voorverhit oond tot 180ºC.
Kap uie fyn en braai in olie tot bruin.
Roer meelblom, kerrie en borrie by.
Voeg res van bestanddele by.
Gooi oor die frikkadelle.
Bedek die bak en bak vir 30 minute.
Haal die deksel af en bak vir ‘n verdere 30 minute.

Kerriefrikkadelle
Bestanddele:
1/2kg maalvleis
1 eetlepel asyn
1 of twee eiers
1 dik sny brood, in warm melk geweek
1 teelepel bruinsuiker
sout, peper neutmuskaat
1 fyngekapte ui
2 teelepels kerriepoeier
Metode:
Meng al die genoemde bestanddele goed saam. Sny een groot ui in skywe en plaas met een klein koppie water in kastrol. Verhit tot kookpunt. Voeg by 2 teelepels kerriepoeier, 1 teelepel suiker, 1 eetlepel asyn, 'n paar koljanderkorrels. Plaas vleis wat in bolletjies gerol is, in hierdie sous. Laat stadig kook to frikkadelle gaar is. Plaas vleis in opdienbak, maak sous dik met 'n bietjie meelblom en gooi oor frikkadelle. Dien op met rys.

Gerrie en Harrie se frikadelle in sop     
Dit is 'n Nederlandse dis, en word "gehakte balle" genoem.
1 ui
2 aartappels
1 botterneutskorsie
Kool en wortels
1 blokkie biefaftreksel
1 pakkie bruin uiesoppoeier
2 telepels kerriepoeier
1 telepel borrie
1 telepel peper
500g maalvleis
2 eiers
knippie sout
Rasper die groente en gooi in kastrol met water en biefaftreksel.
Voeg bruin uie soppoeier by, asook, kerrie, borrie en peper.
Meng 2 eiers saam met maalvleis en gooi sout by.
Maak bolletjies en voeg by sop.
Laat dit bietjie prut.

LEKKER FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS
Meng saam:
500 g Maalvleis
1 Klein Uie (gerasper of gekap)
1 Eetl Tamatiesous
1 Eetl. Worcestersous
1 Groot Eier
½ Kop Broodkrummels
Rol bolletjies
Sous
1 Eetl Olie
1 Groot Ui gesny
1 Blik Tamaties
Bak frikkadelle in die pan.
Gooi sous oor die gaar frikkadelle in ‘n oondbak.
Sous kan ook oor spagetti gebruik word.

FRIKKADELLE
1 kg maalvleis.
2 uie, fyngerasper.
1 aartappel, fyngerasper.
4 snye witbroodkrummels.
1/4 kop. melk.
2 eiers.
2 eetl. tamatiesous.
2 eet. worcestersous.
2 eetl. bladjang.
1 tl. sout.
bietjie peper.
2 tl. knoffelsout.
2 tl. gemengde speserye.
1 tl. kerriepoeier.
2 tl. Aromat.
1 eetl. suurlemoensap.
Meng alles goed. Maak balletjies en bak in kookolie teen 180 Grade C,aan albei kante tot gaar.

Frikkadelle met tamatie-pitas
30 minute
(4 porsies)
30 ml olyfolie
1 ui, fyngekap
2 rooi soetrissies, in repe gesny
1 rooi brandrissie, fyngekap (opsioneel)
1 knoffelhuisie, fyngekap
2 blikke (400 g elk) heel tamaties
5 ml droë gemengde kruie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
600 g gaar frikkadelle (koop in die supermark)
4 - 6 pitabrode
Bulgaarse jogurt, om saam voor te sit
Verhit oond tot 220 °C. Verhit olyfolie in 'n kastrol. Braai ui, soetrissies, brandrissie (as jy dit gebruik) en knoffel saam vir sowat 10 minute. Die soetrissie moet begin sag word. Voeg tamaties en kruie by. Geur met sout en swartpeper. Sit deksel op en laat prut vir sowat 15 minute. Voeg gaar frikkadelle by en laat net warm word in die sous. Terwyl die sous kook, bak jy jou pitabrode tot opgepof. Sny oop en skep van die sous en frikkadelle in. Sit voor met jogurt

 

 Doretha se lekkerbek frikadelle
Bedien 6 mense
750 g maalvleis
1 eier, geklits
1 eetlepel appelkooskonfyt
1 teelepel sout
peper
1 teelepel kerrie
1 koppie gaar of rou rys*
1 ui, gekap
2 eetlepels blatjang
½ teelepel borrie
Sous
1 koppie water
1 koppie tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
Meng alles saam (behalwe sous), rol in balletjies, en sit in oondpan.
Gooi sous oor.
Bedek met foelie, en bak teen 180 grade vir 15 minute.
Haal foelie af, en bak 'n verdere 20 minute.
*Die meeste  maak hierdie frikadelle met rou rys, maar Doretha maak dit met gaar rys.

FRIKKADELLE MET GEMMERSOUS (Lewer 4 porsies)
Frikkadelle
500g gemaalde beesvleis;
175ml natuurlike joghurt;
1 pakkie beesstertsoppoeier;
Sous
6 gemmerbeskuitjies;
30ml tamatiesous;
30ml witasyn;
30ml bruinsuiker;
5ml Worcestersous;
250ml vleisaftreksel (1 blokkie biefekstrak, opgelos in 250ml
kookwater).
Fikkadelle:
Meng al die bestanddele liggies saam met 'n vurk. Vorm
1012 frikkadelle. Plaas in 'n vuurvaste bak. Hou eenkant.
Sous:
Meng al die bestanddele vir die sous goed saam en giet oor die
frikkadelle. Plaas deksel op en bak sowat 30min. of tot goudbruin in
'n voorverhitte oond van 180C.

FRIKKADELLE MET HEERLIKE PEPERSOUS
DIE FRIKKADELLE
1 x kg Topside maalvleis
2 snye witbrood
Halwe koppie melk
Druk die maalvleis en die witbrood fyn en meng dit saam met die melk
Rasper twee aartapples en voeg dit by die mengsel
Voeg twee eiers by
As jy wil kan jy ‘n halwe of een medium ui opsny in klein stukkies en ook by die mengsel voeg - dit gee weereens vir jou nog ‘n manier en proe uit die aard van die saak ook anders as sonder die ui.
Voeg van die volgende na smaak by:
Sout
Peper
Tiemie
Gemengde kruie
Koljander
Naeltjie
Meng alles deeglik en vorm dit in ronde bolletjies met ‘n grootte van jou keuse.
Neem ‘n aparte bakkie en meng ‘n pakkie wit of bruin uiesop (elkeen het ‘n ander smaak) met bietjie wit meel. Rol die vleisbolletjies liggies in die mengsel en dan:
Plaas die frikkadelle in ‘n pan op die kole of op die oondplaat en bak met olie en botter gemeng op stadige tot medium hitte. Sorg dat die frikkadelle egalig aan die buitekante gebak word en draai dit gereeld. Jy sal self sien wanneer dit gaar is - nie langer as tussen 8 en 12 minute behoort voldoende te wees.
Jy kan dit dan onmiddelik opskep en bedien saam met jou bygeregte of bêre in die yskas (laat dit eers afkoel) vir later.
As jy wil kan jy ook sorg dat jy ‘n pepersous of enige ander sous maak om oor die frikkadelle te gooi. Sorg net dat die sous reg is as die frikkadelle gaar is.
Bedien saam met rys of kapok-aartappels (mash potatoes) en slaai of groente. ‘n Lekker ligte rooiwyntjie soos Merlot sal hierdie Frikkadelle mooi komplimenteer.
DIE PEPERSOUS
Maak biefstock in 250 ml of helfte water.
Gooi gemengde peperkorrels daarin - rooi en groen en swart heel korrels - Madagaskarpeper.
Gooi dit in ‘n kastrol en plaas op die oondplaat of oor die kole.
Kook die peperkorrels en die biefstock tot kookpunt (roer elke nou en dan tot dit kook).
Haal die kastrol af en laat net klein bietjie afkoel.
Voeg room by - 250ml asook twee eetlepels botter.
Meng en kook in pot of pan todat dit prut en die sous lekker dik is terwyl jy voortdurend elke nou en dan roer - pasop vir aanbrand.
Haal die kastrol af en laat die sous so klein bietjie afkoel.
Gooi dan een of twee doppies brandewyn by, roer een laaste keer en bedien saam met die frikkadelle.

FRIKKADELLE MET TAMATIESOUS:

2 dik snye bruinbrood, korsies verwyder          
350g maalvleis
1 ui, fyngekap                       
5ml gemengde kruie
5ml sout                        
2.5ml swartpeper
1 eier, geklits                        
50ml meelblom
olie vir braai
Tamatiesous:
12.5ml margarien                    
12.5ml meelblom
1 blokkie hoenderaftreksel opgelos             
401g(blik) tamaties, gekap
in 250ml kookwater                    
25ml tamatiepuree
125ml water                        
5ml suiker
sout en peper na smaak
Smelt margarien in kastrol, roer meelblom by en roer vir ‘n paar minute.
Voeg res van die bestanddele by, laat kook terwyl dit gedurig geroer word.
Verlaag hitte, bedek en prut vir 20 minute.
Krummel brood en meng met maalvleis, uie, gemengde kruie, sout en peper. Voeg eier by en meng deeglik.
Rol vleis in gholfbalgroottes en rol in die meelblom.
Braai in warm olie oor lae hitte tot bruin.
Verwyder en plaas in oondvaste kasserolbak.
Gooi die tamatiesous oor, bedek en bak teen 180C vir 25 minute.

Frikkadelle met kruierysous ("monkey gland"-sous)
# 250 g beesmaalvleis
# 250 g varkmaalvleis
# 5 - 10 ml sout
# Swartpeper na smaak
# 125 ml natuurlike jogurt
# 180 ml vars broodkrummels
# 1 appel geskil, ontkern en gerasper
# 1 ui, gerasper
Kruierysous
# 250 ml vrugteblatjang
# 25 ml port of sjerrie
# 25 ml rooiwynasyn
# 2 ml Tobasco-sous
Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer 'n oondbak van 22 cm met olie. Meng al die bestanddele saam tot net gemeng. Vorm in frikkadelle en pak in die bak. Bak vir 30 - 40 minute tot deurgaar.
Om die sous te maak: Verhit al die bestanddele tot kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Sit voor met die frikkadelle op fyn aartappel of rys.
Genoeg vir ses mense.

Frikadelle in Koolblare

Ek dink ek was op laerskool toe ek laas frikkadelle in koolblare gehad het. En ek weet nie hoekom ek nog nie self my hand hieraan geslaan het nie, want dit is eintlik verspot maklik om te maak, en iets anders as die gewone.
Maak jou frikkadelle soos jy altyd jou frikkadelle maak. My ouma het altyd plaas-vleis gebruik, en soetsuurdeeg beskuit se krummels. Dis hoekom haar
frikkadelle altyd ‘n wenner was. En dis hoekom ek hare uit ‘n honderd ander sou kon uitken.
Om die komberse vir die frikkadelle te maak, neem jy ‘n kop kool, en haal die blare een vir een af, totdat jy genoeg blare het om die balletjies mee toe te
draai.
Om die kraakvars blare egter meer hanteerbaar te kry, kook jy ‘n pot water, en blansjeer die blare daarin. M.a.w. jy maak dit papper en meer buigbaar. Haal dit uit die water, laat effe afkoel (jy wil nie blase van blare kry nie) en dan draai jy die frikkadelle daarin toe.
Pak in ‘n gesmeerde oondbak, en as almal knus le, sit jy tinfoelie bo-oor, en druk in die oond. Die kook proses gaan afhang van hoe jy dit gewoonlik doen.
Niks nuwe truuks met hierdie dis nie.
Jy kan wel 2/3 deur die kook proses die tinfoelie verwyder om die blare bietjie kleur te gee.
En siedaar - jou dis van ‘Ou Anties in Ko’berse’ is reg vir die tafel!